Annetjie “Vleis” de Vries sit op die lughawe en wag vir haar vlug na Amsterdam.

Sy het nou genoeg gehad van haar lewe as die oudste van dertien kinders – wie sy alleen moet oppas, aangesien haar suiplap-pa net mooi bôggerol omgee. Met haar troetel-marmot aan haar sy wil sy ’n nuwe blaadjie omslaan in Europa en haarself bietjie begin eerste plaas.

Laat Annetjie jou meer vertel oor haar beste vriend Sarel Meintjies, haar rampspoedige matriekafskeid en die Starbucks-kelner wat haar hart omgedop het.

’n Eenvrouvertoning met hart, murg en artisan-koffe.

* DEBUUT *

Met: Je-Ani Swiegelaar

Regie, stelontwerp: Gerrit Schoonhoven

Verhoogbestuurder: E-Andri Swiegelaar

Deur: Wessel Pretorius

Vervaardiger: Gerrit Schoonhoven en Je-ani Swiegelaar

Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: – 13
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R125
Plek: Gimmies, Potchefstroom
Datum: 3 Okt 09:30 | 4 Okt 16:00 | 5 Okt 13:00 | 6 Okt 20:00 7 Okt 20:00

Aardklop 2017


Sê My Naam Soos ‘n Starbucks Knaap


Sê My Naam Soos ‘n Starbucks Knaap


2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar