Skoonlief en die Ondier

Spektrum Kinderteater se jongste verwerking van ‘n sprokie is Skoonlief en die Ondier.

Die tydlose treffer word nou ‘n mallemeule van nuwe kleure en geure onder die hand van Gaerin Hauptfleisch en die geselskap en beloof om net soveel te vermaak soos Spektrum Kinderteater se vorige toneelstukke.

Skoonlief word gedwing om by die Ondier te gaan woon as haar vader ‘n roos pluk in die tuin van die Ondier. Faktotum Fourie is weer op die toneel om te help waar hy kan, maar alles is egter nie soos dit blyk nie.

Gaan Skoonlief haar verblyf oorleef, hoekom lyk Faktotum Fourie so benoud en waar is die Prins wat Skoonlief so van droom? Vir die antwoorde sal gehore self moet kom kyk wat die slag gebeur in Spektrum se holderstebolder wêreld van fantasie en vrolikheid.

Met: Stephanie Hough, Gaerin Hauptfleisch, Esther von Waltsleben en Jan-Hendrik Opperman

Skoonlief en die Ondier is te siene op 26 Februarie 2011 om 13h30 by Die Boer. Vir besprekings skakel 021 9791911.

Stephanie Hough
Stephanie Hough

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply