Slippies
Die lewe in Suid-Afrika kan jou op soveel maniere onkant betrap.

Dié opwindende werkwinkelproduksie bied ’n speelse ruimte vir die eietydse stories van die bruin en swart gemeenskap wat deur wit geld bekonkel is tot dit wat outentiek is verlore gaan.

Dié verhale krap die rowe af van die ongemaklike gesprekke wat voortgesette trots en eienaarskap van die stories wat ons vertel moontlik maak … gesien deur die oë van die geselskap én die gehoor, wat dikwels dankbaar is vir die geleentheid om ’n vorm van verteenwoordiging te ontdek.

Kom geniet ’n kragtige en lagwekkende verkenning van goeie bedoelings en ‘kulturele toe-eiening’.

* Debuut *

Met: Quanita Adams, Bianca Flanders, Kelly-Eve Koopman, Bongile Mantsai en Sherman Pharo

Regisseur: Sarah Summers

Teks: Oscar Petersen
Stelontwerp en beligting: Wolf Britz
Vervaardiger: The Domingo Effect

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: geen o/14 jaar
Tydsduur: 1 uur 20 minute
Kaartjies: R100 – R140 | R120 – R160 by die deur
Plek: HB Thom-ouditorium, Stellenbosch
Datum: 3 Maart 15:00 | 4 Maart 15:00 | 6 Maart 15:00 | 7 Maart, 20:00 | 11 Maart 10:00
Woordfees 2018


Slippies

Slippies


2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply