As deel van Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (AHMP) se Eeufeesviering 2020 word die klassieke verhaal van Sneeuwitjie – wat onder leiding van musiekregisseur Eddie Clayton gespog het met meer as 80 leerlinge op die verhoog, sowel as 80 leerlinge in die orkes – vir drie weke aanlyn gestroom tussen 6 en 27 September.

Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se skaterlag pantomime Sneeuwitjie het in 2018 die Staatsteater Opera stampvol gepak. Die pantomime word geregisseer deur Ferdinand Gernandt met Carmen van der Walt (as Sneeuwitjie), Inge Breytenbach (Evil Queen) en Mondrey Smit (Prince Charming).

Neem jou hele gesin na ’n wonderwêreld van klank en kleur. Leef jouself in, in die fantasie van sprokies en romanse wat kinders sal betower en grootmense weer soos kinders sal laat voel.

Koop jou kaartjie sommer vandag nog op Webtickets – en stroom hierdie fees van ’n produksie direk na jou sitkamer.

Lewer kommentaar

Leave a Reply