Speel

Toneel en musiek word vermeng tot ‘n nuwe teatertaal, ‘n onbekende en tog totaal verstaanbare nuwe vorm van kommunikasie.

Die een speler praat woorde – “dialoog“ – die ander een antwoord met musiek. Maar dit is beslis toneel, nie musiekteater nie.

Speel vertel die verhaal van twee mense wat mekaar ontmoet, in die laaste dae van die Eerste Wêreldoorlog. Hulle vorm ‘n ongewone band, maar niks en niemand is soos dit lyk nie …

Speel is sjarmant verrassend, vol vreemde kinkels, humor en patos.

Met: Lizz Meiring en Rocco de Villiers.

KKNK 2012

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Speel
Speel

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar