#suidoosterfees Distrik Ses Klassique

Van operasangers tot balletdansers kom uit die strate van Distrik Ses. Meeste van hulle was lede van die Eoan Groep wat kuns in Distrik Ses aan die gang gehou het.

Hierdie konsert bring hulde aan die Eoan Groep en bekende kunstenaars se bydrae tot klassieke musiek en opera in Distrik Ses. Kom luister na gewilde musiekstukke uit die operas en operettes van Verdi, Rossini, Donizetti en Johann Strauss II, asook uit musiekspele – alles treffers wat musici van Distrik Ses gespeel het.

Die Kaapstadse Filharmoniese Jeugorkes is op die verhoog saam met die gewilde Kaapstad Operakoor – werklik van die Kaap se beste musici!

Die konsert, wat deur Brandon Phillips gedirigeer word, word afgesluit met ’n keur van liedjies uit die bekendste musiekblyspel oor Distrik Ses, naamlik David Kramer en Taliep Petersen se trefferverhoogstuk District Six: The Musical.

* DEBUUT *

Met die Kaapse Fillharmoniese Jeugorkes en die Cape Town Vocal Ensemble

Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjies: R80, R100, R150, R200
Plek: Kunstekaap Operahuis, Kaapstad
Datum: Donderdag 28 April 19:30-20:30

Suidoosterfees 2016

Distrik Ses Klassique,
Roekeloos,
14 April 2016.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply