Die Suidoosterfees loods vanjaar, in samewerking met die Breytenbach Sentrum, ’n splinternuwe talentsoek-kompetisie. Hulle is op soek na jongmense tussen die ouderdom van 15 en 30 met hope talent in die volgende kategorië: sang, instrumentaal, dans, toneelspel, towerkuns en meer. Groot pryse is op die spel! Hierdie talentsoektog vind op 21 Februarie by die Breytenbach Sentrum in Wellington plaas vanaf 9:00 tot 16:00.
Die Suidoosterfees, wat bekend is vir hul grootskaalse koorprojekte, sal verder in samewerking met die ATKV en Rapport kore-werkswinkels en uitdunne tydens die geleentheid aanbied. Die kore word gekoördineer deur René Arendse en die talentsoektog deur Niël Rademan. Die beoordelaars van die talentsoektog is die bekende komediant, Stuart Taylor, en die sangeres, Jawaahier Petersen.
Die SOF Talentsoek-finaal en die groot Koorkompetisie vind onderskeidelik op 2 en 3 Mei plaas tydens die Suidoosterfees (28 April – 3 Mei) in Kaapstad. Inskrywingsvorms vir deelname aan die Wellington-uitdunne is beskikbaar by Olivia Ockhuis: olivia@breytenbachsentrum.co.za of 021-8732786.