Taraboemdery

Innibos direksielid en skrywer Chris Barnard word hierdie jaar 70 jaar oud. Met sy skryfwerk het hy ’n enorme bydrae tot die Afrikaanse taal en teaterwêreld gelewer. Die immergroen Taraboemdery word deur die bekende Albert Maritz op die planke gebring.

In hierdie drama kom krap ’n vreemdeling, Koot, met sy lorrie, sy wyn en sy kitaar almal se lewens deurmekaar. Vir die aantreklike Francien en haar impotente man, Buks, vir die eenvoudige Ewert en sy oujongnooi suster, Breggie sal die lewe op die stofdorpie Kamagas nooit weer dieselfde wees nie, want die vreemdeling bring musiek en wilde verwagtinge.

Milan Murray van Ontbytsake speel Fransien. Buks word gespeel deur Richard van der Westhuizen, onlangs genomineer vir ‘n SAFTA Beste Akteur toekenning vir Andries Plak en ‘n ATKV Veertjie toekenning vir Riemvasmaak. Neil Sandilands – die alombeminde Bart van 7de Laan is Koot wat sake goed kom deurmekaarkrap. Ook met Pierre van Heerden en Petro van den Heever.

innibos 2009
Met Neil Sandilands, Milan Murray, Richard van der Westhuizen, Petro van den Heever en Pierre van Heerden.
Teks: Chris Barnard
Regie: Albert Maritz
Gradering: Gesin
Datum en tyd: Wo 1 Jul 10:00, Do 2 Jul 19:00, Vr 3 Jul 10:00, Sa 4 Jul 19:00
Venue: Nelspruit Stadsteater
Tydsduur: 150 minute
Prys: R87
Debuutproduksie: ’n Ko-produksie met KKNK en met finansiële ondersteuning van die ATKV.

Lewer kommentaar

Leave a Reply