Testosmoroon

"… ongelukkig is ek nie met die goue lepel in die mond gebore nie, maar ten minste het ek die staf van Moses in my broek."

Testosmoroon, ´n rugbykomedie, het vol sale gelok by Klein Karoo Nasionale Kunstefees 2003 en is ook genomineer vir ´n Kanna, vir sy bydrae tot komedie en nou toer die moroon landwyd en laat die gehore skree van die lag.

Leon maak gebruik van "skerpskets komedie" om Suid-Afrika se Rugby probleme op te los. Testosmorron, is ´n seun wat soos elke seun ´n droom het – ´n droom om vir die Springbokke binnesenter te speel.

´n Volwasse komedie waar ´n baba die Suid Afrikaanse Rugbywêreld in een uur oplos. Testosmorron is Suid Afrika se eerste Rugbymoroon -. ´n Komedie oor Rugby – Niks en niemand word ontsien nie.

Maak ´n plan en kom kyk rugby by die teater! Nommer 1 tot 15 soos jy dit nog nooit gesien het nie!

Teks deur Leon Kruger en Regie deur Gaerin Hauptfleisch.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar