Thandi en Toffie

Die Thandi en Toffie-projek het ontstaan as gevolg van die leeskrisis in skole. Huisgenoot borg die produksie sodat dit landswyd gratis na skole kan gaan.

Vanaf 26 Julie tot 27 Augustus word skole in die Wes-Kaap en omgewing besoek. Vanaf 31 Augustus tot 4 September Springs, 6 – 17 September Gauteng, 2 – 23 September Wes_Kaap, 25 September Suidoosterfees, 28 September – 2 Oktober Aardklop en daarna heel moontlik die Noord-Kaap. Die idee van die projek is nie om kinders te leer lees nie, maar die lus daarvoor te kweek. Ons poog om nog in 2004 150 – 200 skole te besoek.

Thandi en Toffie is twee maters wat tjoef-tjaf die kinders se harte sal wen. Toffie is die effens beskimmelde lightie wat aljimmers in die moeilikheid beland. Nie omdat hy dom is nie, hy glo nog net in die goedheid van mense. Thandi is ´n wysneus wat altyd ´n plan kan maak. Hou gerus haar alice band dop wat begin gloei as sy ´n brainwave kry. Maar o-wee is hulle bestand teen Tarantilla, die spinnekopvrou, wat enige iets sal doen om Oprah te onttroon? Tarantilla vertroetel ´n hele paar bose gedagtes. Een daarvan is om al die boeke toe te spin, sodat sy alleen slim kan wees. Sal Thandi en Toffie in haar web beland? Thandi se alice band gloei nie verniet nie. Sy het ´n brainwave: Kom help! Sommer met die saamsing en dans ook.

Marinda Engelbrecht behartig die regie, die teks is deur Margit Meyer-Rödenbeck en die musiek toonsetting deur Pedro Kruger.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. Hierdie CD is so nostalgies! Toe dit net uitgekom het het ek en my broers (ons was nog in laerskool daai tyd) so baie daarna geluister…

    Tyd het aangeloop en die CD het verdwyn. Ek het al oral gesoek by al die cd winkels maar ek kry dit nie. Enige idees waar ek een kan opspoor?

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar