Dis eenvoudig. Schalk Bezuidenhout en Bennie Fourie het hulself vir heeltemal te lank saam ‘n tru-projektor in ‘n kamer toegesluit. Die resultaat is ‘n sketskomedie wilder as daai matrieklaaitie wat uitgehaak het en sy hare swart ge-dye het. Propvol improvisasie, bietjie struktuur, ‘n liedjie of twee en een ongemaklike stilte. Jy gaan presies dieselfde uit die show uitstap. Net ligter.

Die komedie duo was verantwoordelik vir baie van die lag in Hotel, beide is baie selfbewus as hulle vir ander mense moet braai en hul het baie uiteenlopende maniere van vakansie hou.

“Dit is nogal snaaks.” – subjektiewe gemeenskaplike vriend.

6 – 8 April 2022

Drostdy-teater, Stellenbosch

transpirant
Transpirant

Lewer kommentaar

Leave a Reply