Twee vir die prys van een

‘n Sterbelaaide. multi-bekroonde rolverdeling in ‘n vars, slimsnaakse en verrassende komedie oor die liefde, die lewe en pynlike penaries wat onder ons neuse afspeel.


Twee vir die prys van een word aangebied deur Kosie House of Theatre (Kosie Smit), met Hannes Muller van Groet die Grotman faam in die hoofrol. Saam met hom op die verhoog is multibekroonde aktrise Lizz Meiring en Michelle Botha, ster van verskeie verhoogdramas en musiekblyspele, asook die Kyknet TV-reeks ‘Getroud Met Rugby’. Die regisseur is die innoverende Neels Clasen.

In Twee vir die prys van een ontmoet ons vir Walter wat as verwer by ‘n rykmanshuis opdaag om ‘n belangrike sakeman se studeerkamer te kom verf. Walter is eintlik ‘n sukkelende, twyfelagtige, maar erg ambiseuse akteur, wat sy verfwerk doen om die pot aan die kook te hou.

Mercia (Meiring) is die sakeman se pretensieuse, hoogheilige vrou, wat haarself in ‘n pynlike penarie bevind wanneer Janie (Botha), haar skelm minnaar se vurige vrou, opdaag en dreig om die affair oop te vlek. Janie wil Mercia se man vertel van sy vrou se agterbakse agteraf gevryery en Mercia sal alles doen om te keer dat die onstuimige saak op die lappe kom.

Skielik word Walter – die werklose akteur-verwer – by die baldadige penarie ingesleep met skreeusnaakse, verrassende en noodlottige gevolge.

Twee vir die prys van een is gesofistikeerde, maar tog totaal identifiseerbare komedie op sy heel beste. Fyn woordspelings, histeriese situasies en interessante karakters, gekombineer met ‘n sterbelaaide rolverdeling, briljante regisseur en uitstekende visuele elemente, maak van die produksie ‘n genotvolle, moet-dit-nie-misloop nie ervaring.

Theatre on the Bay, Kampsbaai
tot 26 Julie
021 438 3301

Twee vir die prys van een
Twee vir die prys van een

Lewer kommentaar

Leave a Reply