In hierdie kabaret, ook bekend as Ek het al so baie my *** gesien, ek is bang vir ***** , vier Elzabé Zietsman haar en haar mede-Suid-Afrikaners se veerkragtigheid. As ons val, staan ons op. As die mat onder ons uitgeruk word, maak ons bollemakiesies en land op ons voete. As die wêreld om ons verander, pas ons aan. En as die wêreld om ons heeltemal uitmekaar val, drink mamma vier Panado’s en ’n glas Chardonnay en pappa steek die vuur aan. Môre probeer ons weer.

MET Elzabé Zietsman en Tony Bentel

TEKS EN REGIE Johann Slabbert

MUSIEKREGIE Tony Bentel

VERVAARDIGER Drama Drama

By Die Boer Teater restaurant in Durbanville op Sondagmiddag 11 Augustus 2024 om 14h00

Kaartjies kos R220 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Elzabé Zietsman 2024
Elzabé Zietsman 2024

Lewer kommentaar

Leave a Reply