#VSKunstefees Pleisters vir die dooies

Hy leer by die ander: Sandy Hook. Columbine.

Hy herhaal daai lys van medeskoliere in sy kop: die meisie wat hom ingoreer, die ou wat hom terroriseer, die klomp vir wie hy nie bestaan nie. Maar môre is alles anders; môre is alles verby. Hy het die gewere, die ammunisie en môre gaan daai skoolklok lui en geweerskote gaan antwoord … Maar eers vanaand – sy pa lê dronk en sy boetie slaap.

Hy vaar die donker Bloemfontein in. Hy ontmoet die dronkes, die onsigbares, die treuriges. En altyd is die Donkerman net agter hom, sy konstante metgesel.

Met: Wilhelm van der Walt, Stella Nortier, Nelien Smith, Thembisilo Nogwanya, asook 40 skoliere

Regisseur: Nico Scheepers

Teks: Hennie van Greunen, na Fanie Viljoen se roman

Vervaardiger: Hennie van Greunen, Wordsmith’s Theatre Factory

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: 13 –
Tydsduur: 1 uur 15 minute
Kaartjies: R120
Plek: Hoër Meisieskool Oranje, Bloemfontein
Datum: 12 Jul 18:30 & 20:30, 14 Jul 18:30 & 20:30, 15 Jul 18:30 & 20:30, 16 Jul 18:30 & 20:30

Vrystaat Kunstefees 2016

Pleisters vir die dooies

#VSKunstefees Pleisters vir die dooies


2

Lewer kommentaar

Leave a Reply