Wat om te doen as die wêreld brand is ‘n splinternuwe kabaret wat spesiaal vir die legendariese Elzabé Zietsman geskep is deur digter en skrywer Bibi Slippers.

Die wêreld is aan die brand, maar die engel / orakel / demi-godin wat die kliëntedienssentrum van die kosmos eiehandig beman, is afgeboek weens uitbranding. Die groot oor van die heelal is geheel en al oor dit. Wie gaan nou na die mensdom se gesanik luister, raad gee oor verhoudings en vure doodslaan waar hulle dreig om verwoesting te saai? In hierdie kabaret vertolk Elzabé Zietsman die rol van ‘n “Vra Dr. Adri” agony aunt vir alles en almal in die universum, met vurige vertolkings van bekende treffers en ‘n pragmatiese benadering tot oorlewing in tye wat voel soos die einde van dae.

Geskryf en saamgestel deur BiBi SLiPPeRS

Met musiekregisseur Jody Jason Peterson

Regie deur Bibi Slippers

Vervaardig deur Drama Drama

By Die Boer teater in Durbanville om 20:30, 21 Augustus

Kaartjies kos R230 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Elzabé Zietsman
Elzabé Zietsman

Lewer kommentaar

Leave a Reply