#Woordfees Die gangsters

Gangsters nooi vier gesagdraers van die Reënboognasie – die swart Biskop, die wit Polisiekommissaris, die fanatiese Moslem en die bruin Minister van Welsyn – na ’n herdenking van die lewe en dood van Joe Jesus, ’n gangster-heilige wat vermoor is.

Voorveronderstellings oor goed en kwaad word bevraagteken.

Dié produksie van die 1993 internasionale treffer word op die planke gebring om Dr. Benoni Dehaeck en sy Breughel-projek se reusebydrae in Cloetesville te vereer.

* Debuut *

Met: June van Merch, Basil Appollis, Stian Bam, Keanen Engel, Dean Smith, Jurgen McEwan, Jodecee Solomons, Melanie Scholtz, Vashti Prins, Dean Olivier, Destiney Reed, Adeline Lamohr en Arlin Bantam

Teks: Benoni Dehaeck

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen onder 13 jaar
Tydsduur: 1 uur 30 minute
Kaartjies: R100 | R60 (studente en Die Breughel Teater-lede) | R120 by die deur | R70 by die deur (studente en Die Breughel Teater-lede)
Plek: Die Breughel Teater, Stellenbosch
Datum: 4 Maart 17:30, 5 Maart 09:00 en 14:00, 6 Maart 20:30, 9 Maart 20:30

Woordfees 2016

Die gangsters,
Roekeloos,
26 Januarie 2016.

3.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar