Roekeloos
14 Februarie
Dit gaan nie goed met tannie Edie se bordeel nie.
Een gereelde kliënt dink Shanie se tone is ’n draairoomys en die vulstasiebestuurder betaal met ’n tenk petrol. En Suzie se kêrel wil ophou betaal as hulle verloof raak. As Amelda dag dis ’n bemarkingspos en daar kom werk, moet sy inhibisies leer afskud, leer skootskoffel (lap dance) en verlei. Maar wie is sy eintlik?
’n Komedie oor lojaliteit, deernis, vriendskap en die waarde van ’n goeie skootskoffel!
Met: Susanne Beyers, Amalia Uys & Dorette Potgieter
Nou Ja Toe produksies, in samewerking met Stercus produksies
Teks: Leon Kruger
Regie: Gaerin Hauptfleisch
10 Maart 14:30 | 11 Maart 20:30 | 14 Maart 21:00 |kykNET Hoërskool Stellenbosch | 70 minute | R110 | Geen o/14 TS