Woordfees lees- en lusmakers

Die tweede naweek van ‘lusmakers’, om feesgangers te herinner aan die verskeidenheid lekkertes wat jaarliks tydens die US Woordfees aangebied word, word eersdaags by die Weltevreden-landgoed by Stellenbosch gehou.

Op Donderdag 29 Oktober gesels Madri Victor, die Woordfees se skrywerskoördineerder, met Alta Cloete oor Opdrag van Oorkant. Theresa Beyers se ontroue eksman gee as’t ware sy laaste opdrag van oorkant die graf: al die vroue in sy lewe – en daar was ’n hele paar – moet deelneem aan die publisiteitstoer vir sy outbiografie. ’n Resep vir konflik en drama!

Die boek ondersoek allerlei temas rondom verhoudings, waaronder liefde, vergifnis en die invloed van ouer word.

Sluit aan by die bespreking teen slegs R60 – wat ’n heerlike koppie tee of koffie en ’n dekadente sny koek insluit.

Maar dis nie al nie! Op Saterdag 31 Oktober moet Kinkel en Konkel seker maak hulle kry die gesteelde Groen Vingers terug! Die kleinspan word genooi om te kom help met dié soektog terwyl ma en pa rustig saam met ander grootmense kuier.

Die middag word afgesluit met die rustige, koel klanke van Mr Cat & The Jackal.

Waar: Weltevreden, langs Welgevonden-landgoed op die R304 buite Stellenbosch
Wanneer:
29-Okt 10:00 Leeskring: Alta Cloete – Opdrag van oorkant R60.00 90 min
31-Okt 10:00 Kinkel en Konkel R45.00 45 min
31-Okt 13:00 Mr Cat and the Jackal: 3 piece R80.00 60 min

Lewer kommentaar

Leave a Reply