Modder en Bloed

Dark Matter Studios (Leading Lady) en Collective Dream Films (Platteland) het pas die verfilming van die fliek Modder en Bloed afgehandel en aangekondig dat dit die grootskerm in April 2016 landwyd sal tref. Besonderhede rondom die vervaardiging en rolverdeling was vir ‘n lang tydperk in uiterse geheimhouding gehul, maar die stilte is pas verbreek en die eerste foto’s is ook pas uitgereik.

Modder en Bloed vertel die verhaal van Willem Morkel (Stian Bam), ‘n Boerekryger en familieman, wie se vrou en enigste kind gedurende die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) deur Britse soldate vermoor word. Willem word, saam met ander Boere-krygsgevangenes, op St. Helena-eiland in die Atlantiese Oseaan aangehou. Die Engelse konsentrasiekamp staan onder die tirannieke beheer van Kolonel Swannell (Grant Swanby), ‘n vuurvreter imperialis met ‘n onblusbare haat teenoor die Afrikaner.

Die gevangens word onderwerp aan onuitspreeklike geweld en onderdrukking op die eiland en word voortdurend verneder en emosioneel en fisies afgebreek deur Kol. Swannell en sy soldate. Ten spyte van hierdie marteling en uitdagings word die haat en lus vir vergelding onder hulle elke dag sterker.

Die fliek spog met ‘n indrukwekkende rolverdeling wat beide Suid-Afrikaanse en Britse rolprentpersoonlikhede insluit. Van die bekende plaaslike sterre wat te sien sal wees is Bok van Blerk, Albert Maritz, Michael Richard, Edwin van der Walt, Jacques Bessenger, Altus Theart, Albert Pretorius en Deon Lotz. Die Britste rolverdeling sluit Charlotte Salt (Beowulf/The Tudors), Patrick Connolly (Inferno/Crushed), Nick Cornwall (Blood Loyal/Retribution) en Josh Myers (The Sweeney/Anti-Social) in.

Die regisseur is Sean Else.

Modder en Bloed
Modder en Bloed

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

  1. Geagte Sean Ellis,

    ek het vir jou ‘n aangrypende oorlogsverslag wat binne 24 uur afgespeel het. As ek jou kontakbesonderhede kry, kan ek vir jou ‘n uittreksel uit die “Offical History” laat kry, en ook vir jou die omliggende besonderhede gee wat tot die opspoor van die merkwaardige verhaal gelei het.

    Ek sou graag dat jy dit onder oë neem, met die oog op ‘n rolprent.

    Groete,

    Christie Voges, Stellenbosch. tel
    076 4779953

Lewer kommentaar

Leave a Reply