#Woordfees Pruimboom

Kindermolestering is ’n onderwerp wat, tragies soos dit is, gewoonlik voorgehou word as ’n sielkundige en sosiale ramp.

ln Pruimboom volg Jan Groenewald ’n ander roete: hy omskep ’n persoonlike ervaring in ’n verhaal van wraak en verlossing.

Die teks is treffend en hartseer, maar met komiese elemente wat wys hoe hy as kind sy trauma verwerk het.

’n Ou-ou tema word met ’n verrassende nuwe aanslag benader.

Erik Holm, wat debuteer as regisseur, laat die klem sensitief op die alleenreis van slagoffers val.

Met: Jan Groenewald

Regie: Erik Holm
Teks: Jan Groenewald
Klankontwerp & verhoogbestuurder: Izel Smuts
Produksie-assistent: Moshe Tlaatlan
Vervaardiger: Foxwood-teater

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R100 | R120 by die deur
Plek: kykNET Fismer, Stellenbosch
Datum: 8 Maart 11:00, 11 Maart 20:30, 12 Maart 10:00

Woordfees 2016

Pruimboom,
Roekeloos,
27 Januarie 2016.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply