#Woordfees Søsken

Minya woon en werk al vir nege jaar in Amsterdam.

Luca, haar broer, is in matriek en droom daarvan om sterrekundige te word.

Hul ouers sterf in ’n motorongeluk en Minya moet inderhaas terug na Suid-Afrika om na haar laatlamboetie om te sien – iets waarop hulle glad nie voorbereid is nie.

’n Drama oor, onder meer, verlies, verhoudings, nuut-begin en die hemelruim.

* Debuut *

Met: Odelle de Wet en Ben Albertyn

Teks en regie: Marí Borstlap

Klankbaanontwerp: Wilken Calitz

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/12 jaar
Tydsduur: 1 uur 20 minute
Kaartjies: R110 | R130 by die deur
Plek: kykNET Hoërskool Stellenbosch, Stellenbosch
Datum: 8 Maart 20:30, 12 Maart 13:00, 13 Maart 20:30

Woordfees 2016

Søsken,
Roekeloos,
29 Januarie 2016.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply