Die wenners van die 2022 Toyota US Woordfees Woordtrofees-toekennings is op 10 November by ’n geleentheid by Johannesdal 1207 bekend gemaak. Die wenners het elkeen ’n oorkonde en ’n bedrag geld ontvang.

Gillian Mitchell was die sameroeper van die Woordtrofees-beoordelaarspaneel, wat bestaan het uit Conroy Cupido, Jefferson Dirks-Korkee, Gustav Franzsen, Geoff Hyland, Athina Jansen,  Rafiek Mammon, Jill Markram, Gary Naidoo,  Jennie Reznek, Francois Tredoux,  Naudé van der Merwe, Robin van Wyk en Maria Vos.

“Die eerste in-persoon Woordfees sedert 2020 het,” volgens Mitchell, “groot én intieme werk op die planke gehad; werk wat tot trane geroer het en werk wat jou uit jou maag laat lag het – ’n onvergeetlike uitdrukking van daardie onbreekbare band tussen die uitvoerende kunste en ons geleefde ervarings. Hoewel die fees vanjaar kleiner was, was dit geen minder van ’n uitdaging vir paneellede om op die benoemings in die onderskeie kategorieë ooreen te kom nie. Produksiestandaarde was hoog en die kompetisie straf tussen werke wat ’n verskeidenheid onderwerpe en kwessies met groot sensitiwiteit en opwindende kreatiwiteit aangepak het.” 

Die wenners is:

DIE BOEKPRYSWENNERS VIR DIE BESTE VERKOPE IN VIER VERSKILLENDE KATEGORIEË:

Topverkoper: Niefiksie

TJ Strydom – Koos Bekker’s Billions

Topverkoper: Leefstyl

Louis Jansen van Vuuren & Isabella Niehaus – Daar’s ’n vegan op my verandah

Topverkoper: Poësie

Antjie Krog – Plunder

Topverkoper: Fiksie

Irma Venter – Die verkeerde vrou

WOW-onderwyser van die jaar

Jeremy Claassen

WOW-skool van die jaar

Wesbank Sekondêr

Beste prestasie in kunsjoernalistiek (INK-feeskoerant):

Willem Bester

Beste prestasie: Tegnies

Die moeder

Beste opkomende kunstenaar

Jacobus de Jager – Bach (to a) Blast! (dirigent)

KLASSIEKE MUSIEK

Beste prestasie: Klassieke musiek – vokaal

Handel at Home

Beste prestasie: Klassieke musiek – instrumentaal

Late (and Last) Works of Schubert, Brahms and Debussy

KONTEMPORÊRE MUSIEK

Beste prestasie: Kontemporêre musiekproduksie (podium) – solo/duo-gedrewe

Skoonveld

Beste prestasie: Kontemporêre musiekproduksie (podium) – ensemble

Kitaarkonings

Beste prestasie: Kontemporêre musiekproduksie – buitelug

Francois van Coke

DANS

Beste prestasie: Dans

Manacan & Jazzart Dance Theatre – Survive

SPESIALE TOEKENNINGS       

In Verbondenheid-toekenning

Lee-Ann van Rooi

Die Toyota US Woordfees gee met die In Verbondheid-prys erkenning aan rolspelers wat in die kunste oor grense, onvermoeid en dikwels vir min of geen vergoeding, werk om groter sosiale kohesie te bewerkstellig. Die In Vebondenheid-toekenning word moontlik gemaak deur die ondersteuning van Distell.

Vorige wenners:

2017: Simon Witbooi (HemelBesem)
2018: Janine Neethling
2019: Felicia Lesch
2020: Amelda Brand
2021: Geen prys toegeken nie

Feesheld
Marlise Serfontein

TONEEL

Beste debuutteks

Jason Jacobs – Kraal

Beste byspeler (manlik)

Dawid Minnaar – Die moeder

Beste byspeler (vroulik)

Ashley de Lange – Die moeder

Beste speler (manlik)

Marlo Minnaar – Die halwe huis

Beste speler (vroulik)

Sandra Prinsloo – Die moeder

Beste ensemble

Die sewe doodsondes – Die geselskap

Beste regisseur

Matthew Wild – Die sewe doodsondes

Beste toneelstuk

Die moeder

Lewer kommentaar

Leave a Reply