YouTube praat nou Afrikaans en isiZulu, #YoutubeAfrikaans

Vir baie mense in Afrika is die Internet iets wat deur ander mense geskep word, en wat ons eenvoudig verbruik.

Dit is opvallend dat baie Afrikatale ‘n sterk teenwoordigheid het in vanlyn-mediakanale (soos radio, TV en koerante), maar skaars te sien is op die web. Google help om dit te verander deur globale dienste soos Google Search, YouTube en Gmail beskikbaar te maak in jou taal. Ewe skielik raak jy deel van die gesprek.

Verlede November het Google YouTube bekend gestel in Kiswahili en Amharies met dit in gedagte. Dit het intussen duidelik geword dat mense die nuwe weergawes geniet, met ‘n vermeerdering in die aantal soektogte, video-oplaaie en opmerkings in beide tale. Die jongste nuus dat YouTube in nog twee Afrikatale beskikbaar gestel het: Afrikaans en isiZulu.

Dit is belangrik vir verskeie redes. Die nuwe weergawes skep bewustheid onder nuwe gebruikers vir wie Engels ‘n tweede (of selfs derde) taal is, en wat tot dusver nie YouTube ten volle kon gebruik of geniet nie. Dit is ook ‘n herinnering aan die wonderlike inhoud in albei tale wat al hoe meer gedeel word op YouTube in Suid-Afrika, ‘n land met ‘n oorvloed kreatiewe talent. Vir ‘n voorsmakie, gaan kyk gerus na MduComics en Die Heuwels Fantasties – en teken sommer in op hul kanale. Daar is baie meer wat net wag om ontdek te word. YouTube in Suid-Afrika is net meer as ‘n jaar oud en in die tyd het YouTube-kyke met 175% vermeerder.

As jy ‘n eerstetaal-spreker is van Afrikaans of IsiZulu doen jy die volgende:
1. Besoek Youtube.co.za. Onderaan die bladsy, klik op ‘Taal’ en kies Afrikaans of isiZulu.
2. Laai jou eie video op!
3. Deel dit op Google+ of Twitter met #YoutubeIsiZulu of #YoutubeAfrikaans.

Bydrae deur Ian Parsons en Mthokozisi Dlalisa – Afrikaans- en isiZulu-spesialiste vir Google Suid-Afrika.

Lewer kommentaar

Leave a Reply