Groente
- Oes murgpampoentjies, komkommers, boontjies en skorsies so gou as moontlik. Die gehalte verlaag soos dit groter raak.
- Behandel tamaties en komkommers teen siektes.
- Heelwat groente kan nou gesaai word.
Vrugte
- Hou aan om vrugtevlieg en kodlingmot te bestry.
- Tel vrugte op wat van die boom af val, week dit in insekdoder en befrawe dit.
- Maak appelkose en vye nat as dit baie droog is.
