My lewe is ‘n storie … slot

6 Julie 2006

Die langverwagte verhoor is uiteindelik verby! Ek voel tans eintlik lam en moeg soos wat dae lank se stress en spanning bietjie-bietjie uit my spiere padgee.
En wat ‘n verhoor! Picture this:

Venue:
In die eerste plek is my baas se kantoor ‘n glaskas in die middel van almal en ja almal kan sien wat daar aangaan. Spottendergewys, soos deur my vriendin Louise, word sy kantoor die “visbak” genoem.

The Guests:
My baas. (ek gaan nie te veel oor hom uitbrei nie – dit mag dalk tot verdere disiplinêre verhore lei) Die oom van die unie. Baie oulik, dog subtiel versteekte agterdog teenoor enige persoon met wie hy inaanraking kom.
En natuurlik ek: deurmekaar hare, droë lippe, natgeswete hande – need I say more?

The Hearing:
“Ek het natuurlik nie verwag om u so gou te sien nie mnr. Darcey.” Probeer ek ewe laf wees.
“Natuurlik nie.” Die antwoord is bot en geslote, en ek gaan sit dan maar langs hom met ‘n bek vol tande.
Medekollegas MOET skielik oral heen loop, en kyk met ondeunde glimlaggies deur die wetterse glasvensters na my. My kop sak af grond se kant toe. Was ek hierdie week nie al genoeg verneder nie? “Bla bla bla.”
Ek antwoord net elke keer ja.

Dis toe sy selfoon begin lui dat ek vreeslik moes sukkel om my lag te onderdruk –
Carpenters – Why do birds fall down from the sky, every time you walk by.”
Gee jou selfoondeuntjie (die een wat jy kies) nie ‘n ietsie weg van jou persoonlikheid nie?
Anyways die verhoor eindig op goeie voet, dit was per slot van sake tog wel NIE my skuld nie!
“Should I book another hearing in two months time, or will they give you a car with bulbar and rollbar?” vra die unie omie, met ‘n vonkel in die oog, en ek wens ek kan vir hom sing: “. just like me they long to be close to you.”, maar ek wil nie ‘cockey’ raak hier aan die einde van my verhoor nie, en stap maar net met ‘n glimlag uit. Dankie tog, dis verby!

skrywer: Mitzi Kaalsen

1 | 2 | 3 | Slot

Lewer kommentaar

Leave a Reply