Eeue terug, in 1991, pas van die Pofadder-agtige weermag en terug in Paradys-agtige Stellies moes ek sekere vakke kies.

Een moes ’n taal wees. Siende die sexy, donkerkoppie Engels 1 gevat het, besluit Genius ook so.

Groot fout. Die hoofklasse is in twee-drie-nul en mostly dead boring, old chap. Sy waarsku my toe dat die Vrydagoggend tydens my tut moet ek my gunsteling boek saamvat, die eerste sin lees en verduidelik. Professor Thompson will be presiding.

Ek kom daar aan tien voor nege diep babelaas. Ek is so dors soos ’n rot wat Rattex getand het. Die vorige aand was een of ander feestelikheid by Yant-Se (of te wel die Chinese net oorkant die pad van die BJ – die man, nie die daad nie). Ek dink dit was cane vir 50 sent ’n sopie. Geen ys en geen koue water. Daar is ons in hierdie klein klaskamer sonder vensters en die lugverkoeling is al weer af. Prof, vullis wat hy is, sit kiertsregop op die tafel wat in die rondte gaan, met sy Sherlock-like pyp in sy bek. Hy het sy tweed baadjie aan en sulke bruin meide-bekruipers. En hy staar lecherously na my ander twaalf klasmaats. Almal jonk en jukkerig en hawt. To a tee.

Geen ander man in sig nie, behalwe die selfaangestelde God’s gift to women met sy Emme jeans, Adidas tekkies en sy T-hemp wat hy by sy army pal gekry het, “6 Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon, Where nobody can hear you scream”. Kwaai lappies. Koud sestien soos my bra sal sê. Noem hom op sy nommer, hy is ’n koel komkommer.

Ons skop af met juffrou no.1. In haar no doubt southern suburbs accent tune sy: “It is a truth universally acknowledged, that a single man in possession of a good fortune, must be in want of a wife.” — Jane Austen, Pride and Prejudice (1813)

Jars dink ek by myself, baie jars.

Dame twee. Van Paarl met haar ligte bry: “I am an invisible man”. — Ralph Ellison, Invisible Man (1952)

Identiteitskrisis, no doubt. Dink ek. Shame.

Meisie drie, brilletjies op. Juffrou tipe. “They’re out there. Black boys in white suits up before me to commit sex acts in the hall and get it mopped up before I can catch them.” – One Flew Over The Cuckoo’s Nest (1962)

Groot potensiaal dink ek. Onthou gesiggie met sproete.

Uiteindelik is dit my beurt. Ek wou gaan met: “We were somewhere around Barstow on the edge of the desert when the drugs began to take hold. I remember saying something like ‘I feel a bit lightheaded; maybe you should drive …’ And suddenly there was a terrible roar all around us and the sky was full of what looked like huge bats, all swooping and screeching and diving around the car, which was going about a hundred miles an hour with the top down to Las Vegas. And a voice was screaming, ‘Holy Jesus! What are these goddamn animals?’” – Thompson, net om Prof terug te kry. Maar gaan toe met die dun boekie voor my nadat hy aangekondig het: “Koegelenberg, we are running out of time.”

“‘Hallo, I am Pooh’ said Pooh. ‘Who are you?’ ‘I am Tigger’, said Tigger.” En ek maak die stemme na.

Hy vat ‘n trek van sy pyp en sê: “Good, that wraps it up for today.”

Ek het 71 persent gekry, alhoewel dit nie die original classic was nie.

“Hoorah!” cried Pooh. “Hoorah!”

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar