Die deurklokkie lui. Een van die ander in die huis maak die deur oop. Ek hoor jou stem. Ek beweeg tot na die voorhuis en gaan jou te gemoet. Vandag lyk jy sommer baie beter as toe ek vir jou in die hospitaal gaan kuier het. Ek stel voor dat ons by die swembad sit en kuier. My ouers stel voor dat ons ‘n vleisie oor die kole gooi. Ons kuier nou land en sand. Ek kon nooit dink dat jy so baie van drank hou nie. Jy drink nogal baie. Ek dink by myself dat ek dalk nie eers daai blou pille vir jou hoef te gee nie, jy gaan in elk geval kort voor lank baie goed voel. Die probleem is nie dat jy dit nie sal nodig kry nie, maar dat ek dit graag wil hê. Ek dink by myself aan ‘n idée hoe ek dit vir jou sal gee. Ons kuier weer lekker en my gedagtes is van die idée af verwyder. Die vleis is nou gaar en jy en my ma stap na binne om die ete vir ons reg te maak. Toe julle in die huis is, sê my pa aan my dat sy bottel whiskey amper sy gat gesien het. Daar is so omtrent ‘n single oor. Kort voor lank kom julle uit met die borde tradisionele kos. Pap en vleis. Koningskos vir enige Afrikaner.
Toe ons klaar geëet het sê my ouers dat hulle maar sal vroeg inkruip en ons tweetjies bietjie sal los om te kuier. Ons albei wens hulle ‘n goeie nagrus toe. Hulle loop in die huis in. Ek is bly want nou is ons alleen, en nou kan ek my planne implementeer. Ek wil jou so graag bevredig. Ek praat vleiend met jou. Jy lyk nie baie geïnteriseerd in my nie. Jy lyk immers geïriteerd. Ek vra jou toe wat fout is. Ek sien jy gee voor asof alles piekfyn is, maar ek weet iets pla jou. Eweskielik val jy my in die rede en vra of ons nie dalk nog drank erens kan gaan koop nie. Ek dog toe by myself “nog dop”. Ek se maar ja net omdat ek jou wil “please” vir eie gewin. Ek weet dat dit nou my kans is. Ek se aan jou dat voordat ek vir jou daardie gunsie sal doen, jy eers iets vir my moet doen. Jy kyk my nou met sletterige oë aan en vra “wat?”. Ek verduidelik toe aan jou dat ek vitamien pille het en dat ons eers van dit moet neem om ons deur die nag te laat kuier. Jy stem toe in. Ek haal toe so paar pille uit my sak uit (ek het vanmiddag so 10 by Charlize gekoop). Ons elkeen vat een. Voordat jy iets kan sê, wys ek aan jou dat jy moet stil wees. Na so ruk vra ek aan jou of jy iets voel. Jy kyk my sleg uit en vra “Moet ek dan?”. Al wat jy sê is dat die pille baie beter sou afgaan met ‘n whiskey. Ons vat elk nog een. Ek voel eers koud, maar dan begin dit weer. My kop begin draai. Ek is nie meer bewus van wat om my aangaan nie. Ek lê op die grond en roep na jou. Jy skreeu help maar lag in dieselfde asem. Ek vind jou. Ons lê albei op die grond. Die wêreld draai. Jy smeek my dat ek jou moet help aangesien jy wil verdrink. Ek vloek jou en stoot jou weg. Ons lag. Meteens word ek regop getrek deur my pa. My ma help jou. Al wat ek sê is “omie fokkof nou, ek het gesê ek het nie geld nie”. Alles word donker …
skrywer: Charl Viljoen

1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | Slot
