Ek skrik wakker. Die fok alleen weet waar ek is. Toe ek die Engelse stem hoor, toe onthou ek. “Wake up cowboy! Its time for me to go to class” Wat het gebeur gisteraand, dink ek by myself. Toe ek uit die bed opstaan (seker haar bed), val die skaamte my by. Ek is poedelnaak. Charlize gooi my klere na my toe. Ek trek toe maar so gou as moontlik aan. Sy stoot my behoorlik van die trappe af van haas. Buite klim ek in my motor. Uit my verbasing spring sy langs my in. Sy sê “Off we go. To the hospital. I have to get my car.” Ek dog dan sy het nie ‘n motor gehad nie, dis dan hoekom ek haar n lift gegee het. By die hospitaal aangekom, spring sy uit en loop om na my kant van die motor toe. Sy beduie dat ek die venster moet oopmaak. Ek maak hom toe maar oop. Sy stop ‘n nota in my hand. “Call me if you need some pills” Sy verdwyn tussen die personeelparkering. Fok ek moet by die huis uitkom. My ouers “worry” seker al. By die huis vertel ek my ma en pa toe maar die gewone ou stories. Ek sit toe maar terug en luister na die preke. “Jy kan ons darem laat weet” “Jy moenie bestuur as jy gedrink het nie” “Wat gaan jy vir die werk sê” ensovoorts ensovoorts. Fok, my siekverlof is vandag verby. Ek sit ‘n kamstage berou gesiggie voor en sê toe dat ek sal werk toe gaan. Gellukkig het Charlize my vroeg uit die bed op gejaag. Ek sal darem nie te laat vir werk wees nie. Oppad werk toe dink ek al klaar oor ‘n plan hoe ek uit die een sal kom.
By die werk het ek gou my dwaas van ‘n baas n kak storie vertel. Alles is nou weer reg. Jy kom vandag uit die hospitaal. Vir jou sal ek maar net ‘n bos blomme koop en se my motor het gister gebreek. Ek weet dit sal werk, aangesien my baas nou-net vir daai een geval het.
Ek telefoneer jou om uit te vind waar jy woon, en stel toe voor dat jy vir MY na werk moet kom kuier. Ek sit weer baie aan wanneer ek met jou praat oor hoekom ek nie gister by jou in die hospitaal was nie. Dom Doos, jy val ook daarvoor. Ek beduie jou toe waar ek woon. Jy sal so omtrent ses uur by my uitslaan. Ek het almal nou oortuig van alles, behalwe myself. Ek voel sleg omdat ek so vir die mense wat ek lief het, en die wat my lief het moet lieg. Ek dink terug aan gisteraand. Ek kan nie onthou of ek saam met Charlize geslaap het nie. Daai blou pille is nogal befok. Ek like dit. Ek wonder net wat dit is. Ek wonder nie of ek tog maar Charlize moet kontak vir n paar van hulle vir ons kuiertjie vanaand nie.
Ek`s tuis en gereed vir aksie. Jy behoort so oor ‘n halfuur op te daag. Ek is opgewonde. Ons gaan dalk kan seks hê. Ek het nou nie meer n “penis pump” nie, maar jy sal maar moet tevrede wees. Ek sal maar net seker maak jy kry genoeg van daai pille in. Hulle maak alles beter as wat dit werklik is.
skrywer: Charl Viljoen

1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | Slot
