Waarnatoe … 5

Dit is na agt in die aand. Besoektyd is verby en Charlize het my sommer gevra om haar huis toe te neem sodat sy gou kan aantrek vir ons tydjie uit. Sandton van alle plekke. Ek dink by myself nou het ek nog ‘n goudmyn ook losgeslaan. Oppad na haar woning toe, vertel sy my dat sy eintlik ‘n student is. Sy studeer glo B Comm regte. Ek vra haar toe as sy dan regte swat hoekom werk sy dan in die hospitaal. Sy antwoord deur te sê sy doen haar finale prakties i.v.m. die mediese praktyk regte. Hoe meer sy praat hoe meer wil ek net my lippe op haar mond plaas. Sy het ‘n groot aantrekkingskrag. Ek hou myself in. Ons stop by ‘n moerse groot huis met elektriese veiligheidshekke, kameras, “you name it”. Die plek het alles. Ek sê toe in so grappige manier dat sy maar haar studies kan opgee omdat sy al klaar alles het. Sy gee weer ‘n sexy glimlag en sê “I wish! I stay with my parents”. Ons kom tot stilstand voor die paleis (dit voel en lyk vir my soos ‘n paleis) se voordeur. ‘n Man in ‘n pak maak my motor se deure oop. Charlize groet hom vriendlik “Hi Baxtor”. Ek vra toe aan haar of dit haar pa is, sy antwoord vinnig met so tikkie byt in haar stem “servant”. Ons stap die huis binne. Ek kan sommer ruik hier is geld. Ek ruik leer, hout en sigare. Sy wys my nie eers rond of stel my voor aan haar ouers nie. Dadelik op met die trappe tot in haar kamer. Haar kamer lyk meer soos n woonstel vir my. Sy swaai haar geaardheid weer terug na ‘n sexy inneemlike een toe. Ik sa nou heer wees, probeer sy nou in Afrikaans praat. “Look around, help yourself to some whiskey”. I thought I died and gone to heaven. Ek staan maar rond nadat sy in haar badkamer of eerder badsaal verdwyn het. Ek gaan deur haar CD`s. Skielik word die ligte dowwer. Charlize nader my met eerder slaapklere as uitgaanklere. Sy vra my “Hey sexy, u wanna pardy”. In sulke omstandighede sal ‘n man nooit weier nie. Ek speel toe maar haar game. Sy skink vir ons die een whiskey na die ander. Teen die stadium voel ek lekker lighoofdig en horny. Ons begin vry. My hande voel, voel oor haar borste. Ek is nou so jags ek kan myself nie meer keer nie. Ek gooi haar op die bed neer. Sy sê “Hoi cowboy, you have to preheat the oven before you stick in the turkey” Ek hou my maar weer in en speel haar manier. Die alkoholiese verversings vloei. Later kan ek amper nie eers regop staan nie, wat nou nog van my “u know what”. Ek lê maar net op haar bed. Ek was nog nooit so hoog in die takke soos vanaand nie. Dit is anderste as voorheen. Ek lag baie. Ek sien sy is baie bedrywig in die hoek van die kamer, maar ek weet nie wat sy doen nie. Sy kom toe na my toe. Ek lag net want alles lyk snaaks. Sy sê “Take these pills they will make you feel better”. Ek drink dit toe maar. Nou voel ek eers lekker. Sy sê “if you need more, I sell them for R100 a pill”. Dit voel nou asof ek nuwe lewe begin kry. Ek sê toe “Yes I`ll take four”. Ek voel vir my beursie in my sakke, maar dit is nie meer daar nie. Ek begin op die vloer ronkruip opsoek na my beursie. Op oomblikke voel ek goed op ander kan ek nie eers fokus of op my twee hande en twee knieë balanseer nie. Of is dit nou vier pare van elk. Dit is hemel op aarde. Ek het nog nooit so iets beleef nie. My gedagtes spring rond. Ek weet nie waar ek myself bevind nie. Ek eet nog ‘n blou pil. Fokken nou kan ek al amper soos superman vlieg. Ek gaan verdrink. Help die fokken vliegtuig gaan val. Waars my kat? Moet my nie so aankyk nie, ek sal hom bliksem.

skrywer: Charl Viljoen

Charl Viljoen
Charl Viljoen

1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | Slot

Lewer kommentaar

Leave a Reply