Waarnatoe … 8

Dit is oggend. Ek hoor hoe voëltjies buite sing. Ek het eers gewonder waar ek is, maar toe kom ek agter dat ek op die TV-kamer se mat lê. Ek hoor my ouers se stemme saam met vreemde stemme vanuit die kombuis. Ek loop toe maar na die kombuis toe. Toe ek daar aankom sien ek jou, my ouers en twee vreemde mense. My pa sê dat hy bly is ek het ontwaak en dat ons moet gesels. Ek word voorgestel aan die vreemdelinge. Meneer en mevrou Vosloo. Dit is jou ouers (ek dink toe by myself dat hier groot kak kom). My pa begin met die kak. So baie vrae. Hoekom, wat, waar ens. Ek het nie ‘n keuse nie, en moet maar om verskoning vra. Gellukkig dink almal dat ons besope was. Niemand het n idée wat werklik gebeur het nie. Jou ouers meld dat hulle agtergekom het dat as Caty by my gekuier het, het jy besope by die huis aangekom. Ek weet natuurlik nie daarvan nie, omdat dit ons eerste keer is dat ons werklik saam gekuier het. Jy maak jou ouers onmiddellik stil en probeer die gesprek in ‘n ander rigting draai. Jy kry dit reg. Jou ma en myne gesels nou oor bak en ons pa`s oor die weer. Die feit dat hulle oor die weer gesels is ‘n bewys dat ons nog nie werklik kan ontspan nie. Dinge lyk al hoe beter aangesien die pa`s opstaan om buite oor iets te gesels. Ek staan ook toe maar op en roep jou eenkant toe. Ons beweeg na my kamer toe.
In my kamer kyk jy na al my goed. Jy smile net wanneer jou oë oor al my sex toys flits. Ek voel nou regtig skaam. Ek sê toe dat ons ons geheim moet stilhou en dat ons nie weer van die pille sal neem nie. Jy stem in en se dat jy in elk geval meer van whiskey hou. Daar begin jy alweer met jou stories. Ek vra jou toe waar jou pa aan al die kak stories kom, van dat jy by my gedrink het. Jy sê toe dat dit ‘n lang storie is en dat jy my op ‘n ander geleentheid sal vertel.
Jou ouers se dat jy nou maar moet huistoe gaan. Dit gebeur toe. Die ding waarvoor ek, nee jy so lank gewag het. Ons lippe sluit opmekaar. Ek trek jou nader uit instink. Jy stoot my weg en sê dat ons dit op ‘n later geleentheid sal verder vat. Jy draai om en neem jou motorsleutels. Ons loop na buite. Jou ouers sit al en wag in hulle motor. Jy sê weereens jammer aan my ouers en klim in jou motor. Ons praat gou vir ‘n laaste keer by jou motor venster. Jy sê toe dat jy my sal kontak vir nog ‘n kuiertjie. Jy meld toe dat daar ‘n Pub is wat jy nog wil uit-try. Ek sê toe maar ja omdat ek weet ons sal binnekort intiem verkeer (‘n man is ook maar one-track minded). Ek waai toe julle ry. Ek weet dat netnou maar net die stilte voor die storm was. Nou is die mense mos weg, so nou kan mammie en pappie mos so bietjie strenger optree. Toe ons in die huis instap begin die kak. Dit is net skelwoorde na my kant toe met baie vrae. Hulle sal my ook nooit verstaan nie. Ek wil hulle maar net stil kry, so ek sê net ja en amen. My acting skills het ook baie verbeter die afgelope tyd. Ek sit ook net maar weer so berou gesiggie op en hulle dink ek het besef wat hulle tot my wil deurbring. Ek word verskoon. Dit kom al vanself. Wanneer ek uitloop gee ek ‘n onderduimse glimlag. Ek dink al klaar wat ons vanaand sal doen.

skrywer: Charl Viljoen

Charl Viljoen
Charl Viljoen

1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | Slot

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply