Waarnatoe … 9

Aangesien dit Sondag is, sal ons nie vanaand iets vreesliks kan doen nie, alles is mos toe. Ek word eintlik bly oor die gedagte want ek weet daar is mos iets wat twee verliefdes kan doen. Ek moet net so gou as moontlik jou mind van daai Pub afkry. Op daai oomblik besluit ek om jou te kontak om die reëlings met jou oor te gaan.
Ek bel jou, maar jou foon lui net. Ek probeer vir ‘n tweede en toe ‘n derde keer. Eindelik antwoord jy. Ek wou jou nog uitvra oor vanaand, toe jou woorde soos ‘n mes deur my kop steek. Jy wil my nie meer sien nie. Jy verduidelik my toe dat jou ouers dink ons moet dit bietjie stadiger vat. Jy verduidelik ook aan my dat jy meer tyd saam met jou familie wil spandeer voordat jy terug UK toe gaan. Nog ‘n messteek (ek is nou al goed opgefok)! Jy gaan terug UK toe. Ek is stom geslaan. Ek vra jou dan hoe dit werk, jy het gesê jy kom vir my terug. Jy het nooit gesê jy gaan weer terug nie. Ek word verergerlik. My laaste woorde aan jou is “los my net uit, jou Bitch”. Ek voer ‘n boul beweging met my selfoon uit. Daar lê net stukke Nokia 6680 op die vloer. Ek dink toe by myself dat ek iets nodig het om my te kalmeer.
‘n Week is verby. Dit is Saterdag, ek werk darem nie op naweke nie. Een ding is verseker, ek en Charlize is nou goeie tjommies. Ek het niks van jou gehoor na ons laaste telefoongesprek nie.
Ek hoor iemand by die voordeur en loop toe maar om die deur oop te maak. Tot my verbasing is dit jou ouers. Hulle is nie vriendelik nie. Waar is Caty? Jy voer haar weer drank en maak haar op teen ons. Hulle gooi net vrae en beledigings rond. Ek kan eintlik baie vat maar vandag is ek nie lus vir hulle kak nie. Ek skreeu kliphard “Shut the fuck up!”. Dis mooi, nou het ek hulle aandag. My ouers kom ook aangehardloop om te kom kyk wat gaan aan. Toe my ouers hulle sien nooi hulle hulle in om te praat oor ‘n koppie koffie. Hulle stem toe in, maar ek sien hulle is nou klei in my hande. Toe ons eers oor die probleme gesels, verstaan ek hoekom hulle so opgetree het. Caty het nie werklik vir my teruggekom nie. Sy het teruggekom a.g.v. haar drank probleem. Haar ouers is onder die indruk sy drink elke aand by my. My ouers verduidelik toe dat ek haar so omtrent ‘n week laas gesien het. Wel een ding is verseker sy het ‘n probleem en ek wil haar help. Ek stel toe voor dat ek by haar gaan kuier sodat ek haar vertroue wen om haar sodoende van drank af weg te lei. Almal stem toe saam aangesien daar niks is om te verloor nie. Jou ma en pa nooi ons toe vir ‘n braai by julle huis.

skrywer: Charl Viljoen

Charl Viljoen
Charl Viljoen

1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | Slot


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar