Waarnatoe …

Ek sit so by my lessenaar by die werk toe die foon lui. Ek antwoord die foon soos altyd bedagsaam. Ek was skoon verbaas toe ek jou stem hoor. Ons praat soos ou boesemvriende. Toe vertel jy my dat jy vir my wil kom kuier en dat jy nou in SA is. Ek is oorstelp. Die kuieraksie is vir more afgespreek. Ek besef ek het nog te veel om te doen en te organiseer. Ek wil jou natuurlik op my hande dra as jy hier is. Onmiddelik na ons gesprek sê ek aan my baas dat ek siek voel en eerder wil huis toe gaan. My baas insist dat ek eerder huis toe gaan. Volgens hom is daar weer ‘n virus in die lug, en hy wil nie hê ek moet ander werkers aansteek nie. Toe ek by sy kantoor uitstap gee ek ‘n onderduimse glimlag. Ek besef ek is vry vir so paar dae. Al wat ek nou moet doen is ‘n dokter oortuig vir ‘n sieknota. Dit kan nie te moeilik wees nie, aangesien ek dit al menigte kere gedoen het. Met daardie probleem uit die weg is dit nou die reëlings. Voordat ek iets kan reel moet ek seker eers uitvind waarvan jy hou. Sky-diving, fishing, fliek of cruise. Ek het vir so tydjie gesit en dink toe ek op die antwoord kom. SEKS. Jy is mos mal daaroor. Maar toe begin my gedagtes weer maal. Waar en hoe sal ons dit doen. Ek besef ook die ander moerse probleem. My klein “u know what”. Ek sal vinnig ‘n penis pump of iets by ‘n seks shop moet gaan koop om die meneer darem bietjie beter te laat lyk. Die tyd raak nou min. Ek het skoon beddegoed op my ded, kondome, DVD`s en natuurlik ‘n penis pump (en sommer nog ‘n klomp seks toys) gekoop.Alles lyk min of meer reg. O ons is ook maar stupid. Jy weet nie eers waar ek presies bly nie. Ek telefoneer jou terug. Al wat ek kry is “the subscriber u have dailled is not availlable at present, please try again later”. Ek raak nou opgewonde. Ek neem toe maar aan dat jy my seker sal kontak. Dit was nie eers ‘n minuut later nie, toe lui my foon. Dis jy. Jy klink ontsteld. Jy vertel my dat jou motor gebreek het oppad Brakpan toe. Ek vra jou toe wat jy in Brakpan sou gaan doen het (jy weet mos ons het vandag ‘n date). Jy sê toe jy was nie seker oor waar ek woon nie, en toe sommer die eerste en beste dorp gevat het (ek dink toe by myself “ook maar lekker stupid”). Die volgende oomblik gee jy ‘n gil. Ek hoor mansstemme in die agtergrond. Die foon gaan dood.

skrywer: Charl Viljoen

Charl Viljoen
Charl Viljoen

1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | Slot


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar