Ek is nie seker of jy die gek met my oor die foon geskeur het nie. Na ‘n tydjie voel ek onrustig. Ek moet weet wat met jou gebeur het. Ek het nie ‘n idee waar om jou familie op te soek nie. Die enigste manier hoe ek meer van jou familie sal kan uitvind is om jou suster op MSN te kontak. Met ‘n groot gesukkel en na die verloop van twee dae praat ek toe weer met jou sus. Sy vertel my toe dat jy in Millpark in Johannesburg lê. Jy is deur drie swart mans verkrag. Ek was stom geslaan na die nuus. Ek het vir ‘n minuut of drie sit en vooruit staar. Die idee wat heeltyd deur my gedagtes flits is “jy moes nooit vir my kom kuier het nie”. Ek blameer myself. Twee dae later daag ek by Millpark op om jou te besoek. By die ontvangs vra ek vir Caty Vosloo. Die swierige jong dame by ontvangs help my ywerig. Ek stap deur lang gange. Eindelik kom ek by kamer 204. Ek klop. Ek is nie seker of ek nou maar kan binnegaan nie. Dit sal in der werklikheid die eerste keer wees wat ek jou in lewende lywe sien. Ek skraap maar die moed bymekaar en gaan die kamer binne. Die reuk van n hospitaal is darem aaklig. Jy sit regop in die bed en die TV is bo jou in die dak. Jy lyk vreemd. Ons herken mekaar nie. Ek was eerste om te groet en myself voor te stel. Jy lyk half ongemaklik. Jy sê ook toe maar wie jy is (asof ek nog nie geweet het teen daardie tyd nie). Ek meld toe dat ek jammer is ons moes op so manier ontmoet. Dit is nou asof jy nou ontwaak en ek al hoe meer van die Caty herken wat ek ken. Ons gesels nou vuur en vlam.
skrywer: Charl Viljoen

1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | Slot
