Iets wat my opval gedurende ons gesprek is dat jy niks meld van die verkragting nie. Ek weet ook nie of ek jou moet vra nie, want ek weet mos rape victims wil nooit daaroor praat nie. Ek dink toe by myself jy is seker in denial. Dit is beter om oor sulke dinge te praat. Ek val jou toe sommer in die rede en vra jou reguit uit oor die verkragting. Jy lyk of jy van niks weet nie. Jy vra toe watse vekragting. Ek sê toe dat Mags vir my gesê het jy is deur drie swart mans verkrag. Jou gesigsuitdrukking val. Toe begin jy lag. Jy vertel my toe die volle gedoente. Ek was so verlig om te hoor dat jy toe net aangerand was en nie verkrag is nie. Ek dink toe by myself dat dit in elk geval so bietjie verregaande was, aangesien jy langs die pad was, waar daar baie verkeer ook was. Ek is in elk geval die moer in vir daai spul mans wat jou so verniel het. Gellukkig is jy nog net vir ‘n dag of so in die hospitaal vir observasie. Ons gesprek word verbreek. Die swierige jong dametjie by ontvangs kom die kamer binne. “Visiting hours are over. She needs her rest”. Ek groet jou toe maar met n piksoentjie op die voorhoof en wens jou ‘n spoedige herstel toe. Op my pad uit kan ek myself voorstel watse tipe suster jy het. Een wat van aandag hou. Sy hou daarvan om alles groter, beter en erger te maak as wat dit is. Toe ek by my motor kom, dink ek by myself dat dit vir jou moes erg gewees het tussen die drie mans. Met die gedagte in mind word ek weer die moer in vir swartmense. Toe ek ry stop ek sommer by die eerste swart man langs die pad. Ek verdink hom sommer onmiddelik. Ek klim uit my motor. Hy is besope.
skrywer: Charl Viljoen

1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | Slot

Lewer kommentaar