Wonderlike lewe of nie 10

Stuur jou verhale na bydraes by roekeloos.co.za

Vertel deur Herman van der Merwe …

“Ek moet met jou praat, Teresse.” Kom sy stem bewerig deur.
“Waaroor?” Kortaf.
“Oor die swangerskap storie en nog ander goed. Asseblief, dis belangrik …”
“Ag, oukei dan! Kon dan as dit só ‘belangrik’ is!” Ongeskik.

Herman ry vinnig na Teresse toe. Hy weet sy’s nog kwaad vir hom, maar hy moet met
haar praat. As hy net sin in haar kop in kan praat …

Hy kom by haar huis en sien dat haar pa – hulle se kar nie daar staan nie. Hy doen nie
eens die moeite om te klop nie en stap in en na haar kamer toe. Hy wil haar kamerdeur
oopmaak, maar dis gesluit, sy huil.
Hy klop saggies aan haar deur, “Teresse, jy daar? Maak oop asseblief?” sê hy
saggies.
“Ja.” Antwoord sy met ‘n huilerige stem en sy sluit haar deur oop.
Hy stap by haar kamer in en gaan sit langs haar op die bed. Hy wil haar hande vashou,
maar sy ruk weg.
“Ek’t nie bedoel om jou swanger te maak nie … Rêrig, ek het nie. Ek weet jy’s kwaad vir
my, maar ek’t aan iets gedink.”
“En dit is?” Onseker.
“Wel, uhm … Aangesien jy my kind verwag, is ek bereid om vir jou … en ons baba, te
sorg. So uhm … Here goes … Teresse Viviers, sal jy met my trou?”
Stilte.
Teresse staan op, loop na haar deur toe, maak hom oop. “Ek dink dis beter as jy loop,
asseblief?”
“Nee, ek wil eers weet wat jou antwoord is!”
“Ek moet eers daaroor dink, asseblief! Ek’t tyd nodig! Loop nou net, asseblief?”
“Teresse-“ Sy val hom in die rede. “Herman, ek’t genoeg moeilikheid by my ouers
gekry oor my swangerskap. Ek kan nie nou met alles deal nie. Ek wil alleen wees.”
Herman staan op, loop na haar toe. Hy wil haar soen, maar sy klap hom.
“Wat de – !” Hy storm by die huis uit na sy motorfiets. Teresse hoor hoe Herman
wegjaag. Sy bars weer in trane uit.

Drie ure later lui Herman se foon, “Teresse,” fluister hy en antwoord.
“Herman, ek’s regtig bitter baie jammer! Ek het net soveel stres op my! Kan jy
asseblief na my toe kom sodat ons kan praat?” Kom Teresse se huilerige stem deur.
“Hoeveel stres dink jy moet ek nie hê nie Teresse? En nee, ek sal nie nou kan kom nie.
Dalk môre.” Vererg hy hom.
“Wel, jy’s nie die een wat swanger is nie, is jy?” Haar stemtoon word harder.
Stilte.
Gehuilery.
“Kom net so gou as moontlik, asseblief?” Sy lui af.

“Waaroor wil sy nou tog weer praat? Wag, dalk het sy gedink en gaan sy ja sê om met
my te trou!” sê hy saggies vir homself.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar