Wonderlike lewe of nie 6

HOOFSTUK VI

Die volgende dag toe Christo wakker word, voel iets weer nie pluis nie, toe onthou hy dit is Malaika wat nie by hom is nie. Saterdagaand was ongelooflik. Net die idee dat hulle bymekaar geslaap het. Saam in een bed! Dit was amazing gewees.

Toe Christo regtig wakker word en weet wat om hom aangaan, onthou hy dat hy vandag ‘n Huishoudkundetoets skryf. Hy het glad nie eens geleer vir die toets nie en Huishoudkunde is reeds so moeilik.

Hy wonder of Malaika geleer het vir die toets en bel haar om uit te vind. Die telefoon lui, maar niemand tel op nie. Hulle moet seker nog slaap, dink Christo.

Tien minute later bel hy weer, Malaika tel op: “Hallo, De Lange woning, Malaika wat – “
“Hallo mooiding, hoe gaan dit vanmore? Hoor hier, het jy al geleer vir die toets wat ons vandag skryf?”

“Oukei dankie, en nee ek is bevrees nie. Ek het mos nie regtig tyd gehad nie, maar jy ken vir Van Zyl. As almal hom mooi vra sal hy dalk die toets afstel of uitstel”
“Ek kom haal jou netnou, so wees gereed.” Antwoord Christo haar en sit neer.

Hy trek klaar aan, eet, gaan borsel tande en loop na Malaika toe. Malaika was besig om te leer toe Christo by haar huis aankom. “Hoe kry jy dit reg om nog te leer ook?” “En hoekom leer jy?” vra hy haar toe hy haar sien.

“Ag ek probeer maar net. Dit wat ek nie nou in my kop kry nie is hard lines en ek leer maar incase Van Zyl nie die toets wil afstel nie.” sê sy met haar oë nogsteeds op die werk gerig. Hulle loop skool toe, met die Huishoudkunde notas voor hulle.

Tot hulle verbasing stel Mnr Van Zyl die toets af. Aangesien hy nie lus was om die toets op te stel nie en hy ook nie lus is vir merkwerk nie. “Tipies onderwysers” Sê ‘n meisiekind toe die periode verby is.

Almal is verlig toe die skoolhoof onverwags afkondig dat die skool ‘n uur vroeër sal uitkom as gevolg van ‘n kursus wat by die skool aangebied word. Christo en Malaika gaan biblioteek toe om daar te gaan vry. Dit is die enigste plek waar hulle nie gepla kan word nie en loop eers huistoe die tyd wat die skool oorspronklik uitkom.

Hulle kry geen huiswerk nie, so Christo gaan haal weer vir Malaika en hulle loop in die dorp rond “Dankie Chris!” sê Malaika uit die bloute en druk hom styf vas. “Dankie vir wat nou?” vra Chris verbaas. “Dankie vir als wat jy al vir my gedoen het. Ek waardeer dit bitter baie!” se Malaika met haar arms nogsteeds om Chris. “Dis niks nie, engel, ek hou daarvan om jou te bederf en ek doen dit omdat ek lief is vir jou. Ek hoop van hart dat ons – en dit mag nou simpel klink – dat ons dalk na skool kan trou.” Chris kyk onseker na Laika.

“Nee man, dit klink nie simpel nie, ek hoop self dat ons na skool kan trou, want ek het jou net so lief Chris. Ek haat dit om jou nie elke dag te sien nie. Ek verpes dit soos die hel.”

Chris en Laika stap verder en groet hier-en-daar kinders wat hulle ken. Hulle is gelukkig saam, hulle sit baie min stry op.

Die jaar gaan verby, die eksamen kom en gaan en Chris en Laika kou naels oor hulle rapporte. Die dag toe hulle hul rapporte gaan afhaal lyk ‘Laika eers bekommerd, maar raak toe baie opgewonde. Sy behaal vyf B-simbole en een A-simbool. Chris is teleurgesteld omdat hy nie so goed soos Laika doen nie. Hy behaal drie C-simbole, twee B-simbole en een A-simbool. Malaika is nog steeds trots op hom. Hulle is altwee deur na graad 12 toe.

Hulle gaan saam op vakansie na Richardsbaai en daar bederf Chris haar omtrent. Hulle verhouding raak net sterker oor die vakansie.

Christo weet sommer hulle is bedoel vir mekaar. Hulle baklei net een keer terwyl hulle op vakansie is, maar Christo maak gou daarvoor op. Malaika geniet dit natuurlik baie … Sy weet Chris gaan haar volgende jaar vra om te trou. Dit is net ‘n kwessie van tyd.

As Malaika maar net weet wat vir hulle in graad 12 wag, sou sy twee keer dink. Matriek is baie sleg, die eerste twee kwartale loop dinge nog reg, maar met die aanbreek van die derde kwartaal begin dinge baie skeef loop. Christo en Malaika dryf verder van mekaar af en sien mekaar baie min. Meeste van die tyd kan hulle mekaar net by die skool sien. Altwee is net te besig. Naweke is uit, vakansies ook.

Hulle weet altwee dat die verhouding nie meer lank gaan hou nie. Dis is net ‘n kwessie van tyd dat een van hulle die verhouding gaan beeindig …

Christo is besig om Bedryfsekonomie te leer toe sy selfoon lui een aand. Dis Malaika.
“Hei engel.” antwoord hy, hy hoor Malaika huil. “Skat, wat’s fout?” “Chris, ons moet praat asseblief.” Sê sy in ‘n krakerige stem en lui af.

Christo weet wat dit beteken. Die verhouding is verby. Hy het so iets verwag. Hulle leef bymekaar verby, elk in hulle eie wêreld.

Die volgende dag by die skool gaan sit Christo en Malaika eenkant.
“Chris, het jy my lief?”
“Ja, Malaika, bitter baie lief en jy weet dit tog? Hoekom vra jy nog?”
“Oukei, ek het jou ook nog bitter baie lief Chris, maar só kan dit nie aangaan nie. dis besig om my mal te maak.”
“’Laika, wat try jy vir my sê?” Hy kyk haar stip in die oë.
“Chris as ons ons verhouding wil versterk dan sal ons drasties iets moet doen, want so kan dit nie aangaan nie.” Sy kyk hom ook in die oë.

“ek weet, dink jy ek besef dit nie. Ek weet ek skeep jou af die laaste ruk en ek is rêrig baie jammer daaroor. Die skoolwerk vat net die meeste van ons tyd op.”

Stilte.

“Christopher, ek dink ek moet dit maar vir jou sê. Die ding is … daar is iemand anders …”
Haar woorde tref hom soos ‘n skerp mes. Sy kan hom nie in die oë kyk nie.

Hy kyk haar net aan, staan op en loop. Malaika begin huil. Hy kon hoor toe sy hom terugroep. Ek kan nie glo wat ek nou net gehoor het nie! Iemand anders? Hoe is dit moontlik? Ek’t my alles vir haar gegee! En dis wat sy doen? Neuk rond! Ek het haar so lief en nou doen sy dit! Dis my eie skuld! As ek net meer aandag aan haar gegee het, haar beter behandel het … Ek is so ‘n vark en bleddie onnosel! Dalk is dit my verdiende loon, maar verneuk? Ek glo dit nie!

Hy voel sy selfoon vibreer in sy baadjiesak, dis seker sy. Hy kyk rond vir onderwysers, haal sy selfoon uit sy sak uit en kyk na sy skerm, “Praat van die duiwel.” fluister hy.

“Ja.” Kortaf.
“Waar’s jy Chris?” Malaika met ‘n huilerige stem.
Stilte.
“Ek is regtig bitter baie jammer Chris. Dis ne—“
“Dis net wat Malaika? Ja ek weet, ek het jou afgeskeep. Ek is ook jammer daaroor. Dit is dalk hoekom daar iemand anders in my plek is. Jy hoef nie te verduidelik nie. ek verstaan eenhonderd persent!” antwoord hy bruusk.

Malaika huil erger as aan die begin. Al die kinder hou haar dop terwyl sy op die bankie sit en huil.

Hulle vermy mekaar vir die res van die dag en vat tweede pouse hulle eie pad. Christo stap stadig huis toe. Hy dink heeltyd aan Malaika … “Hoe kon sy?” vra hy saggies en kry ‘n knop in sy keel.

Hulle vermy mekaar vir twee dae voordat Malaika hom weer bel …

“Chris, ek weet nie wat my besiel het nie. Ek weet ek het ‘n moerse fout gemaak, maar ek en die ander ou … ons het nooit soos in … jy weet … seks gehad nie.” Sy voel ewe skielik ‘n knop in haar keel toe sy die word seks sê. Asof sy skuldig is, maar sy is nie.

“Malaika, al wat ek wil weet is: Wat het jou besiel om dit te doen? ‘Laika … is ek nie meer goed genoeg vir jou nie?” Moedeloos. Bly.

“Dis nie dit nie Chris! Jy is nog goed genoeg vir my en ek het jou nog baie lief.
Asseblief, ek vra jou baie mooi. Kan ons nie weer probeer nie? Ek het jou nog so baie lief! Ek sal dit nie weer doen nie! Ek belowe!”

Stilte.

“Ek … ek weet nie wat om te sê nie … Ek het jou ook nog baie lief ‘Laika, maar hoe gaan ek verseker wees dat jy dit nie weer gaan doen nie?”

Stilte.

“Chris, ek weet hoe ek dit aan jou kan bewys. Kan jy so halfagt by my wees.” vra sy onseker.

“Hoekom?” Agterdogtig.
“Ek wil vir jou wys dat jy my weer kan vertrou.”
“Oukei, sien jou dan net nou. Lief jou. Tata.”

Christo loop halfagt van sy huis af na Malaika toe. “Ek wonder wat sy wil doen …”

skrywer: Darius Nell

Wonderlike lewe of nie
(Hoofstuk 1)
| Wonderlike lewe
of nie
(Hoofstuk 2)
| Wonderlike lewe of nie (Hoofstuk 3) | Wonderlike lewe of nie (Hoofstuk 4) | Wonderlike lewe of nie (Hoofstuk
5)
| Wonderlike lewe of nie
(Hoofstuk 6)
| Wonderlike lewe of nie (Hoofstuk 7)


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar