Wenke vir tuine wat spaarsamig met water werk

  • Groepeer plante met dieselfde waterbehoeftes saam. Plante wat met geen water of net reënwater kan oorleef, kan jy ver van krane af plant.
  • Probeer om nie gras te plant nie en indien wel moet dit grassoorte wees wat min water gebruik. Moet nie die gras te kort sny nie, want dan het dit meer water nodig.
  • Skaf ‘n reënwatertenk aan.
  • Laat die helling van jou plaveisel en stoep die water na die plante neem.
  • Installeer ‘n drupbesproeiingstelsel eerder as om sproeiers te gebruik.
  • Gee vroeg soggens of laatmiddag die plante water. Minder water verdamp in hierdie tyd
  • Plant inheems. Meeste inheemse plante gebruik minder water as die indringers.
  • Sorg dat die wind nie jou grond uitdroog nie. Sit skerms op waar nodig.
  • Gebruik deklae van boombas, kompos, blare, gesnyde gras of selfs koerantpapier om verdamping en uitdroging weens wind te verminder.
  • Geverfde oppervlaktes moet lig van kleur wees sodat dit nie te veel son aantrek wat verdamping help nie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply