deur Christine Skinner
Die feestreffer Hemelruim, wenner van talle Nasionale toekennings, in die Fugard Theatre Studio in Kaapstad vir ’n beperkte speelvak van 25 April tot 13 Mei 2017.
Met ’n ongelooflike Suid Afrikaanse span van akteurs Paul du Toit en Tinarie van Wyk Loots en regisseur Nico Scheepers, steek Hemelruim die afgelope jaar die feeste aan die brand met puik resensies en toekennings vir Beste Aktrise by Aardklop, KKNK en die kykNET Fiëstas.
Hemelruim is die vertaling van die Broadway en West End weghol-treffer Constellations deur Nick Payne, wat in 2012 die Evening Standard Award vir Beste Nuwe Produksie gewen het. Dit is die verhaal van twee siele wat in en uit mekaar se lewens dryf, in ’n eerlike, rou en hartroerende reis deur die sterre vol liefde, wetenskap en heuning.
“Hemelruim is ’n wonderlike ondersoek van die heelal, string theory, relativity, bye en liefde,” sê Scheepers. “Hoe die liefde twee mense kan heg in ’n magdom parallelle heelalle.”
Voorheen te sien op die Fugard verhoog in die uitverkoopte The Rocky Horror Show, keer Paul du Toit terug, nuut gekroon met ‘n Fleur du Cap vir die Beste Spel in ’n Musiekblyspel vir sy ongelooflike werk as Hedwig in Hedwig and the Angry Inch.
Behalwe vir haar pryse vir Hemelruim, sluit Tinarie van Wyk Loots se toekennings in die Kanna vir Beste Aktrise vir Babbel en ‘n Fleur du Cap nominasie vir haar rol as Titania in A Midsummer Night’s Dream. Ander werk in haar formidabele loopbaan sluit in Christiaan Olwagen se Dogma, Die Rebellie van Lafras Verwey, Die Kersieboord, In Glas, Lot, en as Cleopatra in Antony and Cleopatra by Maynardville.
Regisseur Nico Scheepers, wie ook verantwoordelik is vir die vertaling, ontwerp en die musiek van Hemelruim, maak sy eerste draai by die Fugard na ’n uiters suksesvolle KKNK vir sy stuk Moedertaal met Sandra Prinsloo. Sy ander produksies sluit in Wentel met Anna-Mart van der Merwe, Rooivalk (Wat in 2017 die kykNET Fiësta vir Beste Produksie wen) en die veelbekroonde Amper Vrystaat. Hy het sopas Die Fliek by die Woordfees gedebuteer, ’n vertaling van Annie Baker se Pulitzer-pryswenner, The Flick, en werk saam met Hennie van Greunen aan ’n nuwe produksie vir die Innibos Fees.
Hemelruim word in Afrikaans opgevoer met Engelse boskrifte.
Hemelruim speel in die Fugard Studio Teater, van 25 April tot 13 Mei Dinsdae tot Saterdae om 20:00 met ’n 16:00 matinee op Saterdae. The Fugard Teater is geleë in die hart van Distrik Ses, op die hoek van Harrington en Caledon Straat, Kaapstad.
Kaartjies kos tussen R130 en R165 en kan deur Computicket bespreek word by 0861 915 8000, aanlyn by www.computicket.com of by enige Shoprite Checkers. Besprekings kan ook gemaak word by die Fugard Teater box office by 021 461 4554.
Harrington Straat parkeerterrein is gelee op die hoek van Caledon en Harrington straat en beskikbaar vir die gebruik van teatergangers. Besoek die gesellige grondvloer kroeg, wat twee ure voor elke geskeduleerde produksie oopmaak and oopbly tot laat in die nag, somtyds so laat as 01:00. En wanneer die weer dit toelaat word die ongelooflike dak-kroeg oopgemaak met sy omvattende uitsig oor die stad. Beide kroeë verskaf ’n verskeidenheid van Kaapstad se beste wyne.