Roekeloos
24 Maart
Wie onthou nog hul eertydse oppassers? Wat het van hulle geword? Wie was hulle?
Siembamba vra hierdie vrae en skroom nie om na moeilike, ongemaklike kwessies met menslikheid en deernis te kyk nie. Dit bevraagteken die familiestruktuur en ondersoek die betekenis van familie, tuiste, moederskap en identiteit.
Die swart bediende wat die wit kinders moet grootmaak. Wie bly agter as die swart vrou haar familie moet verlaat om die ma te word vir die middelklas wit kinders, in ’n familie van wie sy nooit regtig deel word nie.
* Debuut *
Met: Nieke Lombard en Lesoko Seabe
Regie: Philip Rademeyer
Teks: Philip Rademeyer & Penelope Youngleson
Vervaardiger: Rust Co-Operative
Genre: Drama
Taal: Afrikaans, English & Xhosa
Ouderdomsbeperking: Geen o/16
Tyd: 70 minute
Kaartjies: R 80
Plek: Suid-Kaap Kollegesaal, Oudtshoorn
Datum: 31 Maart tot 4 April 15:00