Kieslys

Close


*/

28 Junie
2008
Teater
167 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Kwessie van balans

Dit is 10 jaar vandat Pedro Kruger se treffer vertoning, Blougat, gehore by die KKNK verstom het.

Van toe af lees sy CV soos ‘n lys van die mees populêre vertonings wat die afgelope paar jaar op die feeskringloop te sien was: Lyf, Die Laaste Aand, Anna se Engel, Pello, Op die vrou af, Festen, Die Tafel, Die vrou wat haar man gekook het en andere het gesorg dat Pedro se talente as musikant, komponis, akteur en sanger tot volle benut word.

Maar die een show wat heel moontlik al die langste gespeel het en wat só onder die radar beweeg dat daar nooit nodig was om advertensie voor te maak nie, is Kwessie van Balans. Dié vertoning word al sedert 2002 regdeur die land gesien en, as gevolg van die inhoud daarvan (dis ‘n samestelling van Pedro se gunsteling liedjies en sketse), verander dit deurentyd soos Pedro se gunstelinge verander.

Die songs kom uit Blougat, Lyf, Die Laaste Aand, Op die vrou af en Pello en die sketse het hul oorsprong by net so ‘n wye verskeidenheid van Pedro se shows. Die vertoning bevat die perfekte balans van humor en patos en ons ontmoet verskeie mense wat ‘n groot impak op Pedro se lewe en kunstenaarskap gehad het. Die teks en liriek is die werk van bekroonde skrywer/regisseur/vervaardiger Hennie van Greunen.

So kom ontmoet die getroude paartjie wat by die restaurant sit en heel aand nie ‘n woord praat nie, Oupa wat nog so belustig is, Breyten se woorde, die vet skooljuffrou met ‘n passie vir tap dance, die polisieman-pa en die ma wat ook ‘n reisagent vir guilt trips is.

En regdeur die stories en liedjies skyn Pedro se verstommende talent, sy oorrompelende verhoogpersoonlikheid en sy empatie met elke karakter wat hy op die verhoog uitbeeld.

Kwessie van Balans is ‘n reis wat nie een teaterganger ongeraak sal laat nie.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Teater
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Teater
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Teater
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
24 Mei 2012
Teater
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?
15 November 2005
Teater
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.

Onlangse kommentaar

liza
2017-10-16 14:58:48
dit is asemrowend baie dank jy jou hart met ons deel. oneindig dankbaar om hieraan deel te kan he...
Gedigte van Emsa Haasbroek | Roekeloos
2017-10-13 08:09:43
[…] Digters […]...
Ryk Hattingh oorlede | Roekeloos
2017-10-10 14:56:38
[…] (Onlangs: Ryk Hattingh lees voor uit Huilboek) […]...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.