Boeke (weer) by skool verbrand

Boeke en skryfbehoeftes is Woensdag in ‘n voorval van brandstigting by ‘n hoërskool in Matlala vernietig, het die polisie in Limpopo gesê.

Die voorraad is vroeg in die oggend in die personeelkamer van die BK Matlala Hoërskool verbrand, met skade van sowat R60 000 wat aangerig is.

‘n Soortgelyke voorval het verlede jaar ook met die openingsdag by die skool plaasgevind en niemand is in hegtenis geneem nie. Skade wat R360 000 beloop het is deur ‘n brand in die biblioteek aangerig.

Boeke en skryfbehoeftes by skool verbrand

Lewer kommentaar

Leave a Reply