WSpel 12

WSpel se 12de weergawe is verlede week geloods en met meer as 495 000 woorde in die WSpel-woordelys en duisende inskrywings in MS-Word se AutoCorrect-funksie is WSpel tans die grootste Afrikaanse speltoetser ter wêreld. Daarby voldoen dit aan die spelwyse van die jongste Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) 2009.

Dit is gratis en kan afgelaai word by www.wspel.co.za.

Sluit aan by die Gesprek

3 Kommentare

  1. Wspel voeter tans alles op
    as ek van tik dan maak hy VAn
    Leerder word Lêerder

    dis nou behalwe die klomp goed wat hy in afkorting verander

    Ek dink ek moet Wspel maar verwyder
    ek het bv nou-net inspekteer getik en kry Insp.EKTeer. Bid jou nou aan!

    1. Het jou foute probeer naboots, maar WSpel maak nie die foute nie. Miskien het daar fout gekom met jou installering.
      Verwyder dit en probeer dit weer stap vir stap saam met hulle handleiding. Mens moet hulle aanwysings noukeurig volg om probleme te vermy.

Lewer kommentaar

Leave a Reply