Elke mens het die reg op breëband Internet

Finland het pas die eerste land in die wêreld geword om wetgewing te aanvaar wat elke burger die reg gee tot breëband toegang tot die Internet.

Vanaf Julie 2010 gaan elke burger die reg hê op ‘n 1 megabit (Mb) breëband verbinding. Teen 2015 moet die minimum verbinding 100 Mb wees.

Telkom se 400 000 + breëband gebruikers het meesal 384 en 512 kb ADSL verbindings. Die tariewe vir hierdie verbindings word as buitensporig bestempel deur verskeie organisasies. Telkom bied ook 1 Mb en 4 Mb ADSL verbindings.

Lewer kommentaar

Leave a Reply