Gratis WiFi vir Samsung-eienaars in Suid-Afrika

Samsung gaan gratis WiFi-data vir die volgende 12 maande by toegangspunte in Suid-Afrika aan Samsung-toestelle beskikbaar stel.

Eienaars van Samsung-slimfone en -tabletrekenaars sal maandeliks 1GB gratis WiFi-data kry. Toestelle wat op of na 1 April 2010 gekoop is, kom in aanmerking vir die gratis data.

Die projek is in vennootskap met AlwaysOn, wat meer as 1 000 WiFi-toegangspunte oor die land het.

Om dit te gebruik kies jy enige AlwaysOn hotspot, besoek die “free sites” afdeling en registreer jou foon of tablet deur die “Samsung Registration”-skakel te gebruik.

Jy het die e-posadres nodig wat jy op die foon / tablet gebruik en die produk se IMEI nommer.

Lewer kommentaar

Leave a Reply