Neem deel in die bespreking met Waldimar Pelser oor die onderwerp Op soek na die silwer rand: Suid-Afrika teen 2025.
Waldimar is sedert Mei 2013 redakteur van Rapport en sedert Oktober 2014 ook aanbieder van die nuus-aktualiteitsprogram Insig op kykNet.
Hy het in Kaapstad en Stellenbosch groot geword en sy joernalistieke loopbaan in 2001 begin by Die Burger ná die voltooiing van die grade BA Regte, BPhil Joernalistiek en ook MPhil Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch. In 2002 het hy vertrek na die Universiteit van Oxford waar hy die graad MPhil in ontwikkelingstudies in 2004 voltooi het op ’n Rhodes-beurs. Ná drie jaar by Beeld in Johannesburg is Waldimar na Lagos, Nigerië in 2007 om ’n koerantburo vir Media24 in Wes-Afrika te vestig. Kort na sy terugkeer het hy in 2009 nuusredakteur geword van Beeld, in 2011 redakteur van die nuustydskrif NuusNou / NewsNow en in 2012 adjunk-redakteur van Rapport.
Ligte verversings word voorsien.
Genre: Besprekingsdebat
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 90 minute
Kaartjies: R120
Plek: Whale Coast Hotel, Hermanus
Datum: Vrydag 7 Augustus 2015, 10:00
Op soek na die silwer rand: Suid-Afrika teen 2025,
Roekeloos,
19 Julie 2015.