Die Suid-Afrikaanse polisie het pepersproei gebruik om tradisionele genesers te stop wat die departement van gesondheid se gebou in Pretoria bestorm het. Die genesers wou die direkteur-generaal van gesondheid, Thami Mseleku, dwing om hul memorandum te aanvaar. Die groep wil hê die regering moet tradisionele genesers deel maak van primêre gesondheidsorg in Suid-Afrika.
Die tradisionele genesers het kruie gebrand en tromme geslaan om die gode te raadpleeg voor hulle die gebou bestorm het.
Die direkteur-generaal het na ‘n lang gewag wel die memorandum in ontvangs geneem.
Dit is nie duidelik of die gode iets oor die pepersproei genoem het nie.
