Engeland sal moontlik die eerste land ter wêreld wees met verpligte kragpunte vir elektriese motors in nuwe huise.

Dit is ’n poging van die regering om die nodige infrastruktuurverbeterings aan te bring vir die beplande massa-ingebruikneming van elektriese voertuie. As die beplande veranderinge aan bouregulasies goedgekeur word, sal dit huiseienaars dwing om kragpunte vir motors te installeer. Die regering het tans ’n subsidieskema om kragpunte by reeds bestaande huise te installeer.

Daar is nie melding gemaak van hoe nuwe geboue, sonder parkering in die straat, met kragpunte toegerus moet word nie, maar die regering het die maand bykans R700 miljoen belê in navorsingsprojekte oor draadlose kragpunte en kragpunte vanaf sypaadjies. Alle openbare kragpunte moet kontaklose betaalstelsels hê.

Vanaf 2040 mag geen motor sonder elektriese aandrywing meer in Brittanje verkoop word nie.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar