Weg van alles

Min mense sal jou hierdie vakansie nadoen:

Neem ‘n skip na Antarktika.

Daar geland soek jy die volgende punt op 82°06′S 54°58′E – neem ‘n graaf saam. Dit is die mees afgesonderdste plek op die Suidpool en die koudste plek op aarde. As jy die standbeeld van Lenin sien weet jy dit is die plek. (Lenin staar in die rigting van Moskou.)

Begin graaf. Op ongeveer 6 meter sal jy ‘n deur vind. Dit is ‘n ou Sovjet-navorsingshut.

Maak die deur oop en gaan in. Binne is ‘n goue besoekersboek. Teken dit.

Gaan huis toe.

Lenin in Antarktika
Lenin in Antarktika

Lewer kommentaar

Leave a Reply