#Aardklop Willie Esterhuyse Geagte Jahwe

Met Geagte Jahwe sluit prof. Willie Esterhuyse sy trilogie af – wat voorafgegaan is deur God en die gode van Egipte en Die God van Genesis.

Dié keer rig hy elf briewe direk aan Jahwe, God se Bybelse noemnaam. En hy skroom nie om kernsake van ons tyd oop te sny en basiese lewensvrae oop te boor nie. Soos die stryd tussen gelowe en die ineenstorting van samelewings. Hy bied ook rigting vir soekende denkers oor ’n ander kyk op God vir ons tyd. Hy daag ons uit om verder te dink: met die “gees van omgee” wat verby die stukkend en seer kyk, na ’n wêreld wat menslik en leefbaar vir almal is. Raak vir ’n oomblik stil en kom luister na Esterhuyse.

Genre: Boeke
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding
Kaartjies: Gratis
Tydsduur: 45 minute
Plek: ATKV Boeke-oase, Potchefstroom
Datum: 9 Okt. – 12:30

Aardklop 2015

Willie Esterhuyse Geagte Jahwe,
Roekeloos,
24 September 2015.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply