#Aardklop Drie vroueskrywers, drie vroue met speurneuse en ‘n goeie dosis spanning

’n Speurneus is klaarblyklik ’n growwe neus – ’n growwe neus behorende aan ’n man. Aldus die meerderheid van spanningsverhale.

En dit is dikwels ook manne wat agter die manne staan. Maar die vroue begin nou ook opgang maak in die wêreld van Afrikaanse spanningsliteratuur. En vroue is aan die stuur van die ondersoeke.

In Madelein Rust se Monstersaad is dit die forensiese sielkundige Renata Malan; in Lien Roux-de Jager se Onverwagte leuens is dit Kalli Krynauw (deesdae net deeltyds werksaam, want sy is swanger); en in Deborah Steinmair se jongste speurroman, Moestas, is die eksentrieke Aga (met haar haakneus) weer bedrywig om ’n moord op te los.

Die joernalis Hannelie Booyens gesels met die drie skrywers oor hul vroulike karakters, wat jy nie op hul baadjie moet takseer nie.

Genre: Boeke
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding
Kaartjies: Gratis
Tydsduur: 45 minute
Plek: ATKV Boeke-oase, Potchefstroom
Datum: 9 Okt. – 14:00

Aardklop 2015

Drie vroueskrywers, drie vroue met speurneuse en ‘n goeie dosis spanning,
Roekeloos,
24 September 2015.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply